Drie vreemdelinge met een ding in gemeen – ‘N BESONDERSE LIEFDE VIR MUSIEK - die fondasie van ons Rooksein familie.
‘n Paar jaar terug het musiek ons as drie doodgewone studente uit verskillende hoeke en draaie regoor Suid-Afrika in Potchefstroom bymekaar gebring. Ons sou nooit kon dink wat hierdie onwaarskynlike ontmoeting vir ons en ons musiek sou inhou nie. Wat ons wel weet is dat daar ‘n groter plan vir ons is.
Ons staan vir almal wat voel dat hulle nie erens hoort nie. Ons staan vir real wees. Ons staan vir anders wees. As ons musiek dalk net vir een persoon daar buite ‘n verskil kan maak, los dit ons met rustige harte. Ons wil graag ‘n verskil maak in ‘n gebroke maar steeds besonderse mooi wereld. Ons sal vir altyd alles gee!
Ons is Dian, Megan en Renier, en ons is Rooksein. Jy is ook nou deel van ons Rooksein familie. Vir jou wat ons ondersteun, ons musiek luister en saam in ons droom deel sê ons DANKIE!
Lees gerus meer hier op ons blad as jy bietjie meer van ons drie, ons optredes, musiekvrystellings, merch en video opnames wil weet. Dit is nou JOU blad ook.
Luister ONS MUSIEK